9 of om vir ons huise te bou om in te bly nie en ons het geen wingerd of landerye of saad nie.
10 Ons het net in tente gebly en was gehoorsaam en het gedoen volgens alles wat ons vader Yonadav ons beveel het,
11 maar toe N’vukhadnetzar, koning van Bavel, teen die land opgekom het, het ons gesê: ‘Kom, laat ons na Yerushalayim gaan voor die leër van die Kasdeërs en voor die leër van die Arameërs.’ Ons het dus in Yerushalayim gebly.”
12 Toe kom die woord van יהוה tot Yirmeyahu en sê:
13 “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Gaan sê vir die manne van Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim: “Wil julle nie lering ontvang deur na My woorde te luister nie?” verklaar יהוה.
14 “Die woorde van Yonadav, die seun van Rekhav, wat hy sy seuns beveel het om geen wyn te drink nie, het hulle gehou. Hulle drink dus geen wyn tot vandag toe nie, want hulle het hulle vader se bevel gehoorsaam. Ék het egter met julle gepraat, keer op keer; tog het julle nie na My geluister nie.
15 Ek het ook al My diensknegte, die profete, keer op keer na julle toe gestuur om te sê: ‘Draai elkeen weg van sy verkeerde lewenswyse en verander julle dade en loop nie agter ander gode aan om hulle te aanbid nie. Dan sal julle bly in die land wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het,’ maar julle het nie julle oor gedraai of na My geluister nie.