11 `Eved-Melekh het die manne onder sy outoriteit gevat en in die paleis van die koning ingegaan en van onder uit die stoorkamer verslete klere en geskeurde lappe gevat en dit na Yirmeyahu in die put met toue laat afsak.
12 Toe het `Eved-Melekh, die Kushiet, vir Yirmeyahu gesê: “Sit nou die verslete klere en geskeurde lappe onder jou armholtes onder die toue” en Yirmeyahu het so gedoen.
13 Hulle het Yirmeyahu met die toue opgetrek en hom uit die put uitgelig en Yirmeyahu het in die hof van die waghuis gebly.
14 Toe stuur koning Tzidkiyahu en hy laat die profeet Yirmeyahu na hom toe bring by die derde ingang van die huis van יהוה en die koning het vir Yirmeyahu gesê: “Ek gaan vir jou iets vra; moet niks vir my wegsteek nie.”
15 Toe antwoord Yirmeyahu vir Tzidkiyahu: “As ek u vertel, let op, u sal my sekerlik laat doodmaak. In elk geval, as ek vir u raad gee, sal u nie na my luister nie.”
16 Koning Tzidkiyahu het egter in die geheim vir Yirmeyahu gesweer en gesê: “So waar as יהוה leef wat vir ons hierdie lewe gemaak het, ek sal jou sekerlik nie doodmaak of jou oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!”
17 Toe sê Yirmeyahu vir Tzidkiyahu: “So sê יהוה, die God van die leërmagte, die God van Yisra’el: ‘As u inderdaad sal uitgaan na die offisiere van die koning van Bavel, dan sal u leef, hierdie stad sal nie met vuur verbrand word nie en u en u huishouding sal oorleef,