9 “My meester die koning, hierdie manne het boos opgetree in alles wat hulle die profeet Yirmeyahu aangedoen het, wat hulle in die put gegooi het en hy sal net daar waar hy is sterf as gevolg van die hongersnood, want daar is geen brood meer in die stad nie.”
10 Toe beveel die koning vir `Eved-Melekh, die Kushiet en sê: “Vat dertig manne hiervandaan onder jou outoriteit en trek die profeet Yirmeyahu uit die put uit op, voordat hy sterf.”
11 `Eved-Melekh het die manne onder sy outoriteit gevat en in die paleis van die koning ingegaan en van onder uit die stoorkamer verslete klere en geskeurde lappe gevat en dit na Yirmeyahu in die put met toue laat afsak.
12 Toe het `Eved-Melekh, die Kushiet, vir Yirmeyahu gesê: “Sit nou die verslete klere en geskeurde lappe onder jou armholtes onder die toue” en Yirmeyahu het so gedoen.
13 Hulle het Yirmeyahu met die toue opgetrek en hom uit die put uitgelig en Yirmeyahu het in die hof van die waghuis gebly.
14 Toe stuur koning Tzidkiyahu en hy laat die profeet Yirmeyahu na hom toe bring by die derde ingang van die huis van יהוה en die koning het vir Yirmeyahu gesê: “Ek gaan vir jou iets vra; moet niks vir my wegsteek nie.”
15 Toe antwoord Yirmeyahu vir Tzidkiyahu: “As ek u vertel, let op, u sal my sekerlik laat doodmaak. In elk geval, as ek vir u raad gee, sal u nie na my luister nie.”