8 Die Kasdeërs het ook die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand en die mure van Yerushalayim afgebreek.
9 Wat betref die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het, die oorlopers wat na hom toe oorgeloop het en die deel van die volk wat nog oorgebly het; N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, het hulle in ballingskap weggevoer na Bavel,
10 maar sommige van die armste mense wat niks gehad het nie, het N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, in die land Y’hudah laat agterbly en vir hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.
11 N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het deur N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, aangaande Yirmeyahu beveel en gesê:
12 “Vat hom en kyk na hom en doen hom geen kwaad nie, maar doen vir hom soos hy vir jou sal sê.”
13 N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, N’vusásban, die hoof kamerling en Nergal-Sar’etzer, die hoof waarsêer en al die hoof amptenare van die koning van Bavel, het gestuur
14 en Yirmeyahu uit die hof van die waghuis uitgehaal en hom toevertrou aan G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, om hom huis toe te bring. So het hy tussen die volk gebly.