1 Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het, nadat N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Ramah, toe hy hom in kettings geboei tussen al die gevangenes van Yerushalayim en Y’hudah in ballingskap weggevoer het na Bavel.
2 Die bevelvoerder van die lyfwag het vir Yirmeyahu gevat en vir hom gesê: “יהוה, jou God, het hierdie katastrofe oor hierdie plek belowe
3 en יהוה het dit laat kom en gedoen net soos Hy belowe het omdat julle gesondig het teen יהוה en nie geluister het na Sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom,
4 maar nou, let op, ek bevry jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is. As jy verkies om saam met my na Bavel te gaan, kom en ek sal na jou kyk, maar as jy verkies om nie saam met my na Bavel te kom nie, maak nie saak nie. Kyk, die hele land is voor jou; gaan waar dit ook al goed en reg is in jou oë om te gaan.”
5 Aangesien Yirmeyahu steeds nie teruggegaan het nie, sê hy: “Gaan dan terug na G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, wat die koning van Bavel oor die stede van Y’hudah aangestel het en bly by hom tussen die mense; of gaan andersins enige plek waar dit ook al reg is vir jou om te gaan.” Die bevelvoerder van die lyfwag het vir hom padkos en ’n geskenk gegee en hom laat gaan.
6 Yirmeyahu het na Mitzpah, na G’dalyahu, die seun van Agikam, gegaan en by hom gebly tussen die volk wat in die land agtergebly het.
7 Al die bevelvoerders van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manne, het gehoor dat die koning van Bavel vir G’dalyahu, die seun van Agikam, oor die land aangestel het en dat hy hom in beheer geplaas het van die manne, vroue en kinders; die van die armste mense van die land wat nie in ballingskap weggevoer is na Bavel nie.