1 Sodra Yirmeyahu, vir wie יהוה, hulle God, gestuur het, klaar was om al die woorde van יהוה, hulle God, aan hulle oor te dra; naamlik al hierdie woorde;
2 het `Uziyah, die seun van Hosha’yah, Yoganan, die seun van Kareag en al die arrogante manne vir Yirmeyahu gesê: “U vertel ’n leuen! יהוה, ons God, het u nie gestuur om te sê: ‘Julle mag Mitzrayim nie binnegaan om daar te bly nie.’
3 Barukh, die seun van Neriyah, hits u egter teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Kasdeërs sodat hulle ons kan doodmaak of ons in ballingskap na Bavel kan vat.”
4 Yoganan, die seun van Kareag, al die bevelvoerders van die leërs en die hele volk het nie die stem van יהוה gehoorsaam om in die land van Y’hudah te bly nie,