12 daarom, let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “dat Ek die wat aftap na hom toe sal stuur en hulle sal hom aftap en sy vate leegmaak en sy kruike stukkend slaan.
13 Mo’av sal skaam wees vir K’mosh, soos die huis van Yisra’el skaam was vir Beit-El, waarop hulle vertrou het.
14 Hoe kan julle sê: ‘Ons is magtige soldate en manne dapper om te veg?’
15 Mo’av is vernietig en hulle het opgegaan in sy stede; sy beste jongmanne het afgegaan na die slagting,” verklaar die Koning, Wie se Naam יהוה-Tzva’ot is.
16 “Die ramp van Mo’av sal gou kom en sy katastrofe is vinnig verhaas.
17 Rou vir hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: ‘Hoe is die magtige septer gebreek, die staf van prag en praal!’
18 Kom af uit jou lof en eer en sit op die geskroeide grond, o dogter wat in Divon bly, want die verwoester van Mo’av het teen jou opgekom, hy het jou vestings verwoes.