14 Hoe kan julle sê: ‘Ons is magtige soldate en manne dapper om te veg?’
15 Mo’av is vernietig en hulle het opgegaan in sy stede; sy beste jongmanne het afgegaan na die slagting,” verklaar die Koning, Wie se Naam יהוה-Tzva’ot is.
16 “Die ramp van Mo’av sal gou kom en sy katastrofe is vinnig verhaas.
17 Rou vir hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: ‘Hoe is die magtige septer gebreek, die staf van prag en praal!’
18 Kom af uit jou lof en eer en sit op die geskroeide grond, o dogter wat in Divon bly, want die verwoester van Mo’av het teen jou opgekom, hy het jou vestings verwoes.
19 Staan by die pad en hou wag, o inwoner van `Aro’er! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontsnap; sê: ‘Wat het gebeur?’
20 Mo’av is tot skaamte gemaak, want hy is in stukkies. Huil en roep uit, verkondig dit by die Arnon dat Mo’av vernietig is!