20 Mo’av is tot skaamte gemaak, want hy is in stukkies. Huil en roep uit, verkondig dit by die Arnon dat Mo’av vernietig is!
21 Oordeel het ook gekom op die vlakte, oor Holon, Yagtzah en teen Mefa’at,
22 teen Divon, N’vo en Beit-Diblatayim,
23 teen Kiryatayim, Beit-Gamul en Beit-M’on,
24 teen K’riot, Botzrah en al die stede van die land van Mo’av, ver en naby.
25 Die horing van Mo’av is afgekap en sy arm gebreek,” verklaar יהוה.
26 “Maak hom dronk, want hy het arrogant geword teen יהוה sodat Mo’av rondrol in sy uitbraaksel en ook ’n bespotting word.