26 “Maak hom dronk, want hy het arrogant geword teen יהוה sodat Mo’av rondrol in sy uitbraaksel en ook ’n bespotting word.
27 Nou, was Yisra’el nie vir jou ’n bespotting nie? Of is hy tussen die diewe betrap? Want elke keer as jy van hom praat, skud jy jou kop in minagting.
28 Verlaat die stede en gaan bly in die skeure, o inwoners van Mo’av! Wees soos ’n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.
29 Ons het van die trots van Mo’av gehoor; hy is baie trots; van sy hoogmoedigheid, sy trots, sy arrogansie en sy selfverhoging.
30 Ek ken sy toorn,” verklaar יהוה, “maar dit is tevergeefs; sy leë grootpratery het niks bereik nie;
31 daarom, huil oor Mo’av, oor die hele Mo’av vanaf elke plek; treur oor die manne van Kir-Heres.Yes 16:9,11
32 Meer as die gehuil vir Ya’zer sal Ek oor jou huil, o wingerd van Sivmah! Jou ranke het oor die see gestrek, hulle het tot by die see van Ya’zer gekom; die verwoester het jou somervrugte en jou druiwe-oes oorval.