35 Ek sal in Mo’av ’n einde maak,” verklaar יהוה, “aan die een wat op die hoë plekke offer en wierook brand vir sy gode;Yes 16:11
36 daarom huil My binneste oor Mo’av soos fluite; My binneste huil ook oor die manne van Kir-Heres soos fluite; daarom het hulle die oorvloed wat dit voortbring verloor,Yes 15:2-3
37 want elke kop is kaal en elke baard is kort geskeer; daar is snye op al die hande en rouklere om die heupe.
38 Op al die dakke van Mo’av en oral in sy strate is rouklag, want Ek het Mo’av stukkend gebreek soos ’n onbegeerlike houer,” verklaar יהוה.
39 “Hoe stukkend gebreek is dit! Hulle het gehuil. Hoe het Mo’av sy rug gedraai; hy is skaam! So sal Mo’av vir almal wat rondom hom is, ’n bespotting en ’n voorwerp van verskrikking word,”
40 want so sê יהוה: “Let op, een sal vlieg soos ’n arend en sy vlerke teen Mo’av uitsprei.
41 Die stede is ingeneem en die vestings is verower; so sal die binneste van die magtige manne van Mo’av op dié dag wees soos die binneste van ’n vrou in kraam.