3 “Huil, o Heshbon, want Ai is vernietig; roep uit, o dogters van Rabbah! Omgord julle met rouklere, weeklaag en haas jou heen en weer binne die mure, want Malkam sal in ballingskap gaan, saam met sy priesters en sy prinse.
4 Hoekom roem jy op jou valleie en jou breë vlaktes, o afvallige dogter, wat in haar skatte vertrou en sê: ‘Wie sal teen my kom?’
5 Let op, Ek gaan angs oor jou bring,” verklaar יהוה, God van die leërmagte; “van reg rondom jou en elkeen van julle sal reguit vorentoe uitgedryf word, met niemand om die vlugtelinge bymekaar te maak nie;
6 daarna sal Ek egter die welsyn van die seuns van `Ammon herstel,” verklaar יהוה.
7 Aangaande Edom: so sê יהוה-Tzva’ot: “Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek goeie raad by die verstandiges? Is hulle wysheid vervalle?
8 Vlug, draai terug, skuil in die dieptes, o inwoners van D’dan, want Ek sal die rampe van `Esav oor hom bring, op die tyd dat Ek hom straf.`Ov 1:5; Yeg 25:12-14
9 As druiwesnyers na jou toe kom, sal hulle nie ’n na-oes laat oorbly nie? As diewe in die nag kom, sal hulle net vernietig totdat hulle genoeg gehad het?