18 Nogtans, selfs in daardie dae,” verklaar יהוה, “sal Ek nie van julle ’n volkome verwoesting maak nie.
19 Dit sal gebeur wanneer hulle sê: ‘Waarom het יהוה, ons God, al hierdie dinge aan ons gedoen?’ dat jy hulle sal antwoord: ‘Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdelinge dien in ’n land wat nie julle s’n is nie.’
20 Verklaar dit in die huis van Ya’akov en verkondig dit in Y’hudah en sê:
21 ‘Hoor nou dit, o dwase en verstandelose volk, wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!
22 Het julle nie respekvolle vrees vir My nie?’” verklaar יהוה. “Bewe julle nie in My Teenwoordigheid nie? Want Ek het die sand gestel as ’n grens vir die see, as ’n ewige wet sodat dit nie daaroor sal gaan nie. Alhoewel die golwe rol, tog kan hulle nie bly staan nie; alhoewel hulle dreun, kan hulle nie daaroor gaan nie,
23 maar hierdie volk het ’n hardkoppige en rebelse verstand, wil en emosie; hulle het weggedraai en weggegaan.Deut 11:14
24 Hulle sê nie in hul verstand, wil en emosie: ‘Laat ons nou יהוה, ons God, respekvol vrees, wat reën gee op sy tyd, vroeë reëns en laat reëns, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou,’ nie.