1 Die woord wat יהוה gepraat het aangaande Bavel, die land van die Kasdeërs, deur Yirmeyahu, die profeet:
2 “Verklaar en verkondig onder die nasies, verkondig dit en lig ’n banier op. Moet dit nie wegsteek nie, maar sê: ‘Bavel is ingeneem, Bel is tot skande gemaak, M’rodakh is stukkend, haar beelde staan beskaamd, haar afgode is stukkend,’
3 want ’n nasie het teen haar aangekom van die noorde af; dit sal haar land ’n voorwerp van verskrikking maak en daar sal geen inwoner in wees nie; beide mens en dier het weggeloop, hulle het weggegaan!
4 In daardie dae en in daardie tyd,” verklaar יהוה, “sal die seuns van Yisra’el kom, hulle en ook die seuns van Y’hudah; hulle sal al huilende gaan en dit sal יהוה, hulle God, wees waarna hulle sal soek.Yir 31
5 Hulle sal vir die pad na Tziyon vra met hulle gesigte daarheen gedraai; hulle sal kom sodat hulle hul aan יהוה kan verbind in ’n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.Mal 2