20 In daardie dae en in daardie tyd,” verklaar יהוה, “sal die oortredinge van Yisra’el gesoek word, maar dit sal niks wees nie en na die sondes van Y’hudah, maar hulle sal nie gevind word nie, want Ek sal hulle wat Ek laat oorbly vryspreek.
21 Gaan op teen die land van Meratayim en teen die inwoners van P’kod! Slaan dood en vernietig hulle volkome,” verklaar יהוה, “en doen volgens alles wat Ek jou beveel het.
22 Die geraas van oorlog en ’n groot vernietiging is in die land.
23 Hoe is die hamer van die hele aarde afgesny en gebreek! Hoe het Bavel ’n voorwerp van verskrikking onder die nasies geword!
24 Ek het vir jou ’n strik gespan en jy is ook gevang, o Bavel, sonder dat jy daarvan bewus was; jy is gevind en ook gegryp omdat jy in stryd was teen יהוה.
25 יהוה het sy arsenaal oopgemaak en die wapens van Sy verontwaardiging uitgebring, want dit is ’n werk van יהוה, God van die leërmagte, in die land van die Kasdeërs.
26 Kom na haar vanaf die verste grens; maak oop haar skure, stapel haar op soos hope en vernietig haar volkome! Laat niks vir haar oorbly nie.