29 So bewe die land en krimp inmekaar, want die planne van יהוה teen Bavel staan, om die land van Bavel ’n verlatenheid te maak, sonder inwoner.
30 Die magtige manne van Bavel het opgehou om te veg, hulle bly in die vestings; hulle krag is uitgeput, hulle het soos vroue geword. Hulle blyplekke is aan die brand gesteek, die grendels is gebreek.
31 Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die koning van Bavel te vertel dat sy stad van kant tot kant ingeneem is.
32 Die driwwe is ook oorgevat en hulle het die rietvleie met vuur verbrand en die krygsmanne is vreesbevange,
33 want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Die dogter van Bavel is soos ’n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; tog sal die oestyd in ’n kort rukkie vir haar kom.”
34 “N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het my verteer, my verpletter; hy het my neergesit soos ’n leë houer; hy het my ingesluk soos ’n monster; hy het sy maag vol gemaak met my lekkernye en my toe laat afdwaal.”
35 Die inwoners van Tziyon sal sê: “Mag die geweld wat aan my en my vlees gedoen is, op Bavel wees” en Yerushalayim sal sê: “Mag my bloed wees op die inwoners van die land van die Kasdeërs!”