1 Die woord wat van יהוה af tot Yirmeyahu gekom het:
2 “Staan in die poort van die huis van יהוה en verkondig hierdie boodskap en sê: ‘Hoor, luister en doen die boodskap van יהוה, die hele huis van Y’hudah, wat deur hierdie poorte ingaan om יהוה te aanbid!’”
3 So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Verander julle lewenswyse en julle dade en Ek sal julle in hierdie plek laat bly.
4 Moenie vertrou op misleidende woorde wat sê: ‘Hierdie is יהוה se tempel, יהוה se tempel, יהוה se tempel,’ nie,
5 want as julle waarlik jul lewenswyse en julle dade verander, as julle waarlik regverdige oordeel toepas tussen ’n man en sy naaste,
6 die vreemdeling, wees en weduwee nie onderdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet of agter ander gode aanloop tot julle eie vernietiging nie,