9 Wanneer Ek hulle verstrooi tussen die volke, sal hulle My in ver lande onthou en hulle en hul kinders sal lewe en terugkom.
10 Ek sal hulle terugbring uit die land van Mitzrayim en hulle uit Ashur bymekaarmaak en Ek sal hulle in die land van Gil’ad en L’vanon inbring totdat geen plek vir hulle gevind kan word nie.
11 Hulle sal deur die see van bekommernis gaan en Hy sal die golwe in die see slaan sodat al die dieptes van die Nyl sal opdroog en die trotsheid van Ashur sal afgebring word en die septer van Mitzrayim sal weggaan.
12 Ek sal hulle sterk maak in יהוה en hulle sal in Sy Karakter en Outoriteit (Naam) loop,” verklaar יהוה.