1 Toe het die boodskapper wat met my gepraat het, teruggekom en my laat opstaan soos ’n man wat uit die slaap uit wakker gemaak word.
2 Hy het vir my gesê: “Wat sien jy?” Ek antwoord: “Ek sien, let op, ’n kandelaar, heeltemal van goud, met sy oliebak bo-op hom en sy sewe lampe op hom, met sewe tuite wat elk aan die lampe behoort wat op die kandelaar is;Open 11:4
3 ook twee olyfbome by dit, een aan die regterkant van die oliebak en een aan die linkerkant daarvan.”
4 Toe het ek vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Wat beteken dit, my meester?”
5 Die boodskapper wat met my gepraat het, antwoord en sê vir my: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek het gesê: “Nee, my meester.”
6 Toe sê hy vir my: “Dit is die woord van יהוה aan Z’rubavel, wat sê: ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur My Gees,’ sê יהוה-Tzva’ot.
7 ‘Wat is jy, o groot berg? Voor Z’rubavel sal jy ’n vlakte word en hy sal die sluitsteen te voorskyn bring met uitroepe van: “Onverdiende guns, onverdiende guns daarvoor!”’”
8 Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê:
9 “Die hande van Z’rubavel het die fondasie van hierdie huis gelê en sy hande sal dit voltooi, dan sal jy weet dat יהוה-Tzva’ot my na julle toe gestuur het,
10 want wie verag die dag van klein dinge? Hierdie sewe sal egter bly wees as hulle die skietlood in die hand van Z’rubavel sien; dit is die oë van יהוה wat heen en weer die aarde deurkruis.”
11 Toe het ek vir hom gesê: “Wat is hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan sy linkerkant?”
12 Ek het die tweede keer gepraat en vir hom gesê: “Wat is die twee olyftakke wat langs die twee goue pype is wat die goue olie uit hulleself leeg maak?”
13 Hy antwoord my en sê: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek antwoord: “Nee, my meester.”
14 Toe sê hy: “Hierdie is die twee gesalfdes wat by die Meester van die ganse aarde staan.”