14 Y’hudah sal ook in Yerushalayim veg en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud, silwer en klere in groot oorvloed.
15 Net soos hierdie plaag is, sal die plaag wees op die perd, die muil, die kameel, die donkie en al die beeste wat in daardie kampe sal wees,Open 15:4
16 dan sal dit gebeur dat enige wat oorbly uit al die nasies wat teen Yerushalayim opgegaan het, van jaar tot jaar sal opgaan om die Koning, יהוה-Tzva’ot, te aanbid en om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier.
17 Dit sal wees dat wie ook al uit al die families van die aarde, nie na Yerushalayim sal opgaan om die Koning, יהוה-Tzva’ot, te aanbid nie, daar geen reën op hulle sal val nie.
18 As die familie van Mitzrayim nie opgaan of ingaan nie, dan sal die plaag waarmee יהוה die nasies tref wat nie opgaan om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier nie, ook op hulle val.
19 Dit sal die straf vir Mitzrayim wees en die straf vir al die nasies wat nie opgaan om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier nie.
20 Op daardie dag sal op die klokke van die perde staan: “Afgesonderd tot יהוה!” Die kookpotte in die huis van יהוה sal wees soos die komme voor die altaar.