18 As die familie van Mitzrayim nie opgaan of ingaan nie, dan sal die plaag waarmee יהוה die nasies tref wat nie opgaan om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier nie, ook op hulle val.
19 Dit sal die straf vir Mitzrayim wees en die straf vir al die nasies wat nie opgaan om die Fees van Hutte (Sukkot) te vier nie.
20 Op daardie dag sal op die klokke van die perde staan: “Afgesonderd tot יהוה!” Die kookpotte in die huis van יהוה sal wees soos die komme voor die altaar.
21 Elke kookpot in Yerushalayim en in Y’hudah sal afgesonderd wees tot יהוה-Tzva’ot en almal wat offer, sal kom en daarvan vat en daarin kook. In daardie dag sal daar geen Kena’aniet meer in die huis van יהוה-Tzva’ot wees nie.