7 want dit sal ’n unieke dag wees wat aan יהוה bekend is, geen dag of geen nag nie, maar dit sal gebeur dat daar teen die aand lig sal wees.
8 In daardie dag sal daar lewende waters vanuit Yerushalayim vloei, die helfte daarvan na die oostelike see en die ander helfte na die westelike see; dit sal in die somer, sowel as in die winter wees.Deut 6:4; Open 22:1
9 יהוה sal Koning wees oor die hele aarde; op daardie dag sal יהוה Een wees en Sy Naam Een.
10 Die hele land sal in ’n vlakte verander word, vanaf Geva tot by Rimmon, suid van Yerushalayim, maar Yerushalayim sal opstaan en bly aan sy kant van die poort van Binyamin, so ver as tot by die plek van die Eerste poort, tot by die Hoekpoort en vanaf die toring van Hanan’el tot by die parskuipe van die koning.
11 Mense sal daarin woon en daar sal nie langer ’n vloek wees nie, want Yerushalayim sal in veiligheid bly.
12 Hierdie sal die plaag wees waarmee יהוה al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Yerushalayim te veg: hulle vlees sal verrot terwyl hulle op hul voete staan, hulle oë sal in hulle holtes verrot en hulle tong sal in hulle mond verrot.
13 Dit sal gebeur in daardie dag dat ’n groot paniek vanaf יהוה op hulle sal val en hulle sal mekaar se hand vasgryp en die hand van die een sal opgelig word teen die hand van die ander.