6 Die boodskapper van יהוה het Y’hoshua gewaarsku en gesê:
7 “So sê יהוה-Tzva’ot: ‘As jy in My lewenswyses sal loop en as jy My diens sal verrig, dan sal jy ook My huis bestuur en ook My howe beheer en Ek sal vir jou vrye toegang gee onder hulle wat hier staan.
8 Luister en hoor nou, Y’hoshua, die hoofpriester, jy en jou vriende wat voor jou sit; inderdaad is hulle manne wat ’n teken is, want let op, Ek gaan My Dienskneg, die Spruit, inbring,
9 want let op, die steen wat Ek voor Y’hoshua gelê het; op een steen is sewe oë. Let op, Ek sal ’n inskrywing daarop graveer,’ verklaar יהוה-Tzva’ot ‘en Ek sal die onregverdigheid van daardie land op een dag verwyder.
10 In daardie dag,’ verklaar יהוה-Tzva’ot, ‘sal elkeen van julle sy naaste nooi om onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom te sit.’”