1 Toe het ek weer my oë opgelig en gekyk en let op, daar is ’n vlieënde boekrol.
2 Hy het vir my gesê: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n vlieënde boekrol; sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.”
3 Toe sê hy vir my: “Hierdie is die vloek wat uitgaan oor die oppervlak van die hele land; elkeen wat steel sal sekerlik uitgesuiwer word volgens die skrywe aan die een kant en elkeen wat vloek sal uitgesuiwer word volgens die skrywe aan die ander kant.
4 Ek sal dit laat uitgaan,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “en dit sal in die huis van die dief ingaan en in die huis van hom wat vals sweer in My Naam (Karakter en Outoriteit) en dit sal die nag binne-in daardie huis deurbring en dit verteer saam met sy balke en klippe.”
5 Toe het die boodskapper wat met my gepraat het uitgegaan en vir my gesê: “Lig nou jou oë op en kyk wat hierdie is wat uitgaan.”