7 en die rooies het uitgegaan en was ywerig om te gaan om die aarde te patrolleer.” Hy het gesê: “Gaan, patrolleer die aarde!” Hulle het die aarde patrolleer.
8 Toe het Hy na my geroep en vir my dit gesê: “Kyk, die wat na die land van die noorde gaan, het My toorn gekalmeer in die land van die noorde.”
9 Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê:
10 “Ontvang van die ballinge, van Heldai, Toviyah en Y’da’yah en gaan dieselfde dag die huis van Yoshiyah, die seun van Tz’fanyah, waar hulle vanaf Bavel aangekom het, in.
11 Vat silwer en goud, maak ’n kroon en sit dit op die kop van Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester.
12 Sê dan vir hom: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Let op, daar kom ’n Man wie se Naam Spruit is, want Hy sal uitspruit van waar Hy is en Hy sal die tempel van יהוה bou.
13 Ja, dit is Hy wat die tempel van יהוה sal bou en Hy sal die eer dra en sit en heers op Sy troon. So sal Hy ’n Priester wees op Sy troon en die raad van vrede sal tussen die twee instellings wees.’”