2 “So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Ek is uitermate jaloers oor Tziyon, ja, met ’n groot toorn is Ek jaloers oor haar.’Yeg 48:35
3 So sê יהוה: ‘Ek sal terugkeer na Tziyon en sal midde-in Yerushalayim bly. Dan sal Yerushalayim genoem word: Die stad van Waarheid en die berg van יהוה-Tzva’ot: Die Afgesonderde Berg.’
4 So sê יהוה-Tzva’ot: “Ou manne en ou vroue sal weer in die strate van Yerushalayim sit, elke man met sy staf in sy hand as gevolg van ouderdom.
5 Die strate van die stad sal vol wees met seuns en dogters wat in die strate speel.’
6 So sê יהוה-Tzva’ot: ‘As dit te moeilik is in die oë van die wat van hierdie volk oorgebly het in daardie dae, sal dit ook te moeilik wees in My oë?’ verklaar יהוהTzva’ot.
7 So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Let op, Ek gaan My volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste
8 en hulle bring en hulle sal midde-in Yerushalayim bly en hulle sal My volk wees en Ék sal hulle God wees, in waarheid en onpartydige opregtheid.”