10 Ek sal die strydwa vanaf Efrayim en die perd vanaf Yerushalayim afsny en die gevegsboog sal vernietig word. Hy sal vrede tot die nasies praat en Sy heerskappy sal wees van see tot see en vanaf die Rivier (Eufraat) tot aan die eindes van die aarde.
11 Ook wat jou betref, as gevolg van die bloed van die verbond met jou, het Ek jou gevangenes bevry vanuit die waterlose put.
12 Keer terug na die vesting, gevangenes wat die versekerde verwagting het; Ek verklaar op hierdie dag dat Ek dubbel aan jou sal herstel,
13 want Ek sal Y’hudah buig as My boog, die boog vul met Efrayim en Ek sal jou seuns, o Tziyon, opwek teen jou seuns, o Yavan en Ek sal jou maak soos ’n vegter se swaard,
14 dan sal יהוה oor hulle verskyn en Sy pyl sal soos weerlig uitskiet en יהוה-God sal met die ramshoring blaas en in die stormwinde van die suide marsjeer.
15 יהוה-Tzva’ot sal hulle verdedig en hulle sal die slingerklippe verslind en vertrap; hulle sal drink en luidrugtig wees asof deur wyn en hulle sal vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van die altaar.Open 7:4
16 יהוה, hulle God, sal hulle op daardie dag red as die kudde van Sy volk, want hulle is afgesonderde gesteentes wat op Sy land gestrooi is.