7 Ek sal die bloed uit hulle mond verwyder en hulle verwerplike dinge van tussen hulle tande uit, dan sal hulle ook vir ons God oorgeblewenes wees en wees soos ’n familie in Y’hudah en `Ekron soos ’n Y’vusiet.
8 Ek sal ’n versorger aanstel oor my huis as gevolg van hom wat verbykom, as gevolg van hom wat weer terugkom en geen onderdrukker sal meer oor hulle kom nie, want nou het Ek met My eie oë gesien.Mat 21:5 op ’n jong donkie, die vul van ’n donkie.Yog 12:15
9 Swaai in die rondte van vreugde, oorvloediglik, o dogter van Tziyon! Skreeu dit uit, o dogter van Yerushalayim! Let op, jou Koning kom na jou toe; Hy is regverdig en toegerus met verlossing, nederig en ry op ’n donkie,
10 Ek sal die strydwa vanaf Efrayim en die perd vanaf Yerushalayim afsny en die gevegsboog sal vernietig word. Hy sal vrede tot die nasies praat en Sy heerskappy sal wees van see tot see en vanaf die Rivier (Eufraat) tot aan die eindes van die aarde.
11 Ook wat jou betref, as gevolg van die bloed van die verbond met jou, het Ek jou gevangenes bevry vanuit die waterlose put.
12 Keer terug na die vesting, gevangenes wat die versekerde verwagting het; Ek verklaar op hierdie dag dat Ek dubbel aan jou sal herstel,
13 want Ek sal Y’hudah buig as My boog, die boog vul met Efrayim en Ek sal jou seuns, o Tziyon, opwek teen jou seuns, o Yavan en Ek sal jou maak soos ’n vegter se swaard,