37 Saul vra toe vir God: “Moet ons die Filistyne agtervolg? Sal U ons help om hulle te verslaan?” Maar God het nie geantwoord nie.
38 Toe sê Saul vir die leiers: “Iets is verkeerd! Al die bevelvoerders moet hierheen kom. Ons moet vasstel watter sonde vandag gepleeg is.
39 Ek lê ’n eed af by die Naam van die Here wat Israel bevry het dat die skuldige sekerlik sal sterf, selfs as dit my eie seun Jonatan is!” Niemand het egter ’n woord geantwoord nie.
40 Toe sê Saul vir al die Israeliete: “Ek en Jonatan sal hier eenkant staan, en julle daar anderkant.” Die bevelvoerders het ingestem.
41 Saul het gebid: “O Here, God van Israel, gee tog duidelikheid.” Jonatan en Saul is deur die lot aangewys, maar die manskappe was onskuldig.
42 Saul sê toe: “Laat daar nou tussen my en my seun Jonatan geloot word.” Jonatan is aangewys.
43 “Sê my wat het jy gedoen?” vra Saul vir Jonatan.“Ek het ’n bietjie heuning wat aan die punt van my stok was, geproe,” antwoord Jonatan. “Hier is ek! Ek is bereid om te sterf.”