6 Omdat daar dus nie gewone brood beskikbaar was nie, gee die priester hom die offerbrood wat net daardie dag uit die heiligdom geneem is en met vars brode vervang is.
7 Doëg die Edomiet, hoof van Saul se veewagters, moes dié dag daar in die heiligdom deurbring.
8 Dawid vra vir Agimelek: “Is hier dalk ’n spies of ’n swaard beskikbaar? Die koning se opdrag was so dringend dat ek nie eens tyd gehad het om my wapens te gryp nie!”
9 “Al wat ek hier het,” antwoord Agimelek, “is die swaard van Goliat die Filistyn wat jy in die vallei van die groot boom doodgemaak het. Dit is toegedraai in ’n mantel agter die skouerkleed. Jy kan dit vat as jy wil, want daar is niks anders hier nie.”“Daar is niks beters as dié swaard nie. Gee dit vir my!” sê Dawid.
10 Dawid het nog dieselfde dag van Saul af weggevlug en by Akis, die koning van Gat, aangekom.
11 Maar Akis se amptenare het gevra: “Is dit dan nie Dawid, die koning van die land nie? Is dit nie die een wat die mense met danse vereer het en oor wie hulle gesing het: ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende’ nie?”
12 Dawid het hierdie opmerkings gehoor en was bang dat Akis teen hom sou optree.