8 “God het hierdie keer beslis jou vyand aan jou oorgelewer!” fluister Abisai vir Dawid. “Laat ek hom nou met die spies in die grond vassteek. Ek sal dit nie ’n tweede keer hoef te doen nie!”
9 “Nee!” sê Dawid. “Moenie hom doodmaak nie. Hoe kan iemand sy hand teen die gesalfde van die Here laat uitgaan en nog onskuldig wees?
10 So seker as die Here leef, een of ander tyd sal die Here Saul tref: Óf sy tyd sal aanbreek dat hy sterf, óf hy sal in die geveg sterf.
11 Maar mag die Here my daarvan bewaar dat ek sy gesalfde sou doodmaak. Kom ons vat nou die spies by sy koppenent en die waterkruik, dan gaan ons terug!”
12 Dawid neem toe die spies en die waterkruik wat by sy kop gestaan het. Hy en Abisai is daar weg sonder dat iemand hulle gesien het of wakker geword het, want die Here het Saul en sy manskappe baie vas laat slaap.
13 Dawid gaan staan toe op ’n veilige afstand bo-op die hoogte regoor die kamp.
14 Daarvandaan roep hy na die manskappe en vir Abner: “Word wakker, Abner! Hoe antwoord jy dan nie!”“Wie is dit wat na die koning roep?” vra Abner.