4 Maar die Filistynse bevelvoerders was kwaad. “Stuur hom terug na die plek wat jy tot sy beskikking gestel het!” eis hulle. “Hy kan nie saam met ons in die geveg gaan nie. Wat sal gebeur as hy teen ons draai? Daar is mos g’n beter manier vir hom om weer met sy heer versoen te raak as met die koppe van ons vegters nie!
5 Dis mos dieselfde Dawid oor wie die vroue van Israel in hulle koordanse gesing het:Saul het sy duisende verslaan,maar Dawid sy tienduisende!”
6 Toe roep Akis vir Dawid. “So waar as die Here leef,” sê hy, “jy is betroubaar en getrou in alles wat jy doen. Vandat jy by my is tot nou toe het jy niks verkeerds gedoen nie. Ek dink julle is reg, maar die Filistynse vorste wil niks van jou weet nie.
7 Moenie hulle verder ontstel nie, en gaan liewer in vrede terug huis toe.”
8 “Wat het ek dan gedoen om hierdie behandeling te ontvang?” vra Dawid. “Wat het ek verkeerd gedoen in al die tyd dat ek by u is? Hoekom kan ek nie saam teen die vyande van my heer die koning gaan veg nie?”
9 Maar Akis antwoord: “Wat my betref, is jy so goed soos ’n boodskapper van God. Maar die bevelvoerders is bang om jou saam met hulle in die geveg toe te laat.
10 “Staan nou môre-oggend vroeg op en vertrek saam met jou manskappe voordat dit lig word.”