6 Die Here het hom weer geroep.Samuel het weer uit die bed gespring en na Eli toe hardloop. “Hier is ek,” sê hy. “U het my geroep.”“Ek het jou nie geroep nie, my seun,” sê Eli. “Gaan slaap maar weer.”
7 Samuel het nie vooraf geweet dat dit die Here is nie, want die Here het nog nie met hom gepraat nie.
8 Die Here roep hom toe vir die derde keer, en weer hardloop hy na Eli toe. “Hier is ek,” sê hy. “U het my tog geroep.”Toe besef Eli dat dit die Here is wat die seun geroep het.
9 Daarom sê hy vir Samuel: “Gaan lê en as iemand weer na jou roep, sê dan: ‘Ja, Here, u dienaar luister.’” Samuel is weer terug na sy bed toe.
10 Die Here kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: “Samuel, Samuel!”Samuel het geantwoord: “Ja, Here, u dienaar luister.”
11 Die Here sê vir Samuel: “Ek is op die punt om ’n skokkende ding in Israel te doen.
12 Ek gaan nou al my dreigemente teen Eli en sy gesin uitvoer.