7 Hy sê toe vir Abjatar die priester: “Bring vir my die skouerkleed!” Abjatar het dit gedoen.
8 Toe vra Dawid vir die Here: “Moet ek hulle agternasit? Sal ek hulle inhaal?”En die Here het geantwoord: “Ja, agtervolg hulle. Jy sal hulle sekerlik inhaal en almal red.”
9 Dawid en sy 600 man het hulle toe agternagesit tot by die Besorspruit. Sommige het daar agtergebly.
10 200 van sy manne wat te moeg was om deur die spruit te trek, het agtergebly. Met die oorblywende 400 man het Dawid die agtervolging voortgesit.
11 Op pad kom Dawid se manskappe af op ’n Egiptiese man in die veld en bring hom na Dawid toe. Hulle het vir hom kos en water gegee.
12 Hulle het vir hom ook ’n stuk vyekoek en twee trosse rosyntjies gegee, want hy het vir drie dae niks te eet of te drink gehad nie. Kort voor lank het hy sy kragte herwin.
13 “Wie is jy en waar kom jy vandaan?” vra Dawid hom.“Ek is ’n Egiptenaar,” antwoord hy, “die slaaf van ’n Amalekiet. My meester het my drie dae gelede agtergelaat omdat ek siek geword het.