1 Op 15 Januarie, in die negende jaar van koning Jojagin se ballingskap, het die Here vir my gesê:
2 “Mensekind, skryf vandag se datum op, want vandag het die koning van Babilon met sy aanval op Jerusalem begin.
3 Gee dan ’n gelykenis vir hierdie opstandelinge. Gaan sê vir hulle wat die oppermagtige Here sê:“Sit ’n pot water op die vuur om te kook.
4 Maak dit vol met die beste vleis, die boud en blad en die beste van die bene.
5 Gebruik net die beste skaapuit jou kudde en pak hout op die vuur onder die pot. Laat die pot kook, kook die bene saam met die vleis.