20 Maar, Here, Almagtige,U tree altyd regverdig op. U ondersoek wat in ’n mens aangaan, U weet selfs wat ons dink. Laat ek sien hoe U wraak neem, want ek het my saakin u hande gelaat.
21 Daarom sê die Here van die mense van Anatot: “Hulle wil jou doodmaak, Jeremia, omdat jy namens My profeteer. Hulle sê hulle sal jou doodmaak as jy nie ophou om dit te doen nie.”
22 Die Here, die Almagtige, sê van hulle: “Ek gaan hulle straf! Hulle jong mans sal in gevegte sterf, hulle kinders sal van honger doodgaan.
23 Nie een van hulle sal bly lewe nie. Ek gaan onheil oor die mense van Anatot bring. Die tyd om hulle te straf, het aangebreek.”