10 Hulle roep almal met een stem uit: ‘Nou is jy net so swak soos ons.Jy het net soos ons geword!
11 Jou mag en krag het verdwyn. Dis saam met jou begrawe. Die vrolike musiek in jou paleishet opgehou.Die bed onder jou is maaiers, jy maak jou toe met wurms.’
12 “Hoe het jy uit die hemel geval, blink ster, seun van die môre! Jy is op die aarde neergegooi, jy wat die nasies van die wêreld verpletter het.
13 Jy het mos vir jouself gesê: ‘Ek sal na die hemel toe opklim en my troon bo God se sterre neersit. Ek sal regeer op die godeberg ver in die noorde.
14 Ek sal opklim tot in die hoogste hemele. Soos die Allerhoogste sal ek word.’
15 Maar in plaas daarvan sal jy in die doderyk beland, in sy diepste deel.
16 Almal daar sal jou aangaap en vra: ‘Kan dit die man wees wat die aarde met sy koninkryke geskud het?