7 Nou is die hele aarde rustig en stil. Die mense kan weer sing.
8 Selfs die bome van die bos, die sipresse en seders van Libanonberg, sing hierdie vreugdevolle lied: ‘Jou mag is gebreek! Niemand gaan weer kom en ons afkap nie!’
9 “In die doderykis daar opwinding oor jou aankoms. Die dooies, ook wêreldleiers en magtige heersers staan op om jou te verwelkom.
10 Hulle roep almal met een stem uit: ‘Nou is jy net so swak soos ons.Jy het net soos ons geword!
11 Jou mag en krag het verdwyn. Dis saam met jou begrawe. Die vrolike musiek in jou paleishet opgehou.Die bed onder jou is maaiers, jy maak jou toe met wurms.’
12 “Hoe het jy uit die hemel geval, blink ster, seun van die môre! Jy is op die aarde neergegooi, jy wat die nasies van die wêreld verpletter het.
13 Jy het mos vir jouself gesê: ‘Ek sal na die hemel toe opklim en my troon bo God se sterre neersit. Ek sal regeer op die godeberg ver in die noorde.