3 My lyf pyn soos dié van ’n vrou wat besig is om geboorte aan ’n kind te gee. Ek is platgeslaan deur wat ek hoor, en verskrik deur wat ek sien.
4 My hart steier, ek is bang. Ek wens dat ek kan slaap, maar ek is te bang.
5 Hulle maak reg vir ’n groot fees. Hulle gooi matte uit vir mense om op te sit. Almal eet en drink. Gou! Gryp julle skilde en maak reg vir die geveg! Julle word aangeval!
6 Intussen het die Herevir my gesê: “Sit ’n wag op die stadsmuur sodat hy kan sê wat gebeur.
7 Wanneer hy waens sien wat deur perde getrek word en soldate op donkies en kamele, moet hy alarm maak.”
8 Die wag het uitgeroep: “Dag na dag het ek op die wagtoring gestaan, Meneer. Nag na nag het ek op my pos gebly.
9 En nou, uiteindelik, kom die strydwaens en soldate.” Die wag het toe gesê: “Babilon het geval! Al die afgode van Babilon lê stukkend op die grond!”