8 Maar eerbare mense het eerbare planne.Hulle sal eerbaar behandel word.
9 Luister, vroue wat selfvoldaan lewe.Luister na my, julle wat so selfversekerd is!
10 Binnekort, oor bietjie meer as ’n jaar, sal julle wat nou so sorgeloos is skielik iets hê om oor te bewe.Want julle vrugte-oes sal vergaan.Daar sal geen oes wees nie.
11 Bewe, onbesorgde vroue.Raak ontslae van julle onbesorgdheid.Trek uit julle mooi klere.Dra klere van sak oor julle smart.
12 Slaan op julle borste van smart.Want julle oorvloedige plase is een van die dae daarmee heen.So ook julle vrugbare wingerde.
13 Want julle land sal oorgroei word met dorings en dissels.Julle vrolike huiseen gelukkige stede sal weg wees.
14 Die paleis en die stad sal verlate lê.Besige dorpe sal leeg wees.Troppe donkies en bokke sal op die heuwels wei waar julle uitkyktorings eers gestaan het.