1 Kom hier en luister, nasies van die aarde! Laat die wêreld en alles daarop hoor wat ek sê.
2 Want die Here is kwaad vir die nasies.Sy woede is teen al hulle soldate gerig. Hy sal hulle heeltemal vernietig,Hy sal sorg dat hullegeslag word.
3 Hulle dooies sal nie begrawe word nie.Die stank van die lyke sal die hele land vol wees.Die berge sal deurdrenk weesvan hulle bloed.
4 Die hemelliggame sal wegsmelt.Die hemel sal soos ’n boekrol toegerol word.Die sterre sal verdof en valsoos verlepte blare van ’n wingerdstok,of ’n vyeboom wat verdroog.