1 Die droë woestyn sal bly wees.Die dor plekke sal vol blomme wees.
2 Ja, daar sal ’n oorvloed weesvan blomme,en ’n gejuig en gesing!Die woestyne sal groen word soos die Libanonberge, so mooi soos die weivelde van Karmelbergen die vlaktes van Saron. Daar sal die Heresy heerlikheid ten toon stel,en die grootsheid van ons God.
3 Versterk dié wat moeg geword het.Bemoedig dié wat wil neerslaan.
4 Sê vir dié wat bang is: “Wees sterk en moenie bang wees nie. Want julle God kom om wraak te neem,om julle vyande te strafen om julle te red!”
5 Wanneer Hy kom, laat Hy blindes sien en dowes hoor.
6 Lam mense sal rondspring soos bokke, en mense wat nie kon praat nie, sal van vreugde sing! Fonteine sal in die wildernis ontspringen strome water sal die woestyn natlei.