1 As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom!Hoe sal die berge nie bewe in u teenwoordigheid nie!
2 Kom soos ’n vuur wat hout laat brand en water laat kook, kom tog en maak Uself bekendaan u vyande.Dan sal die nasies voor U bewe!
3 Toe U lank gelede afgekom het,het U ontsagwekkende dingegedoen, wat ons nie verwag het nie,en die berge het voor U gebewe.
4 Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesiensoos U,wat doen wat U doenvir dié wat op U vertrou nie.
5 U help mense wat met blydskap doen wat U beveel,wat u weë onthou.Maar ons het aangehou om verkeerd te doen.U was kwaad vir ons.Hoe kan ons ooit gered word?
6 Voor U het ons almal gewordsoos iemand wat onrein is.Ons beste dade is soos vuil klere,soos verskrompelde blare.Deur ons sondes waai die wind ons weg.
7 Niemand roep na U om hulp nie,niemand soeksy sterkte in U nie.U het u gesig vir ons verberg,U laat ons vergaan onder die las van ons sondes.