11 Al julle nasies van die omringende omgewings, kom gou! Kom bymekaar in die Josafatlaagte.”Here, bring u soldate af daarheen!
12 “Die nasies moet wapens opneem en na die Josafatlaagte toe optrek. Daar sal Ek oor al die nasies van die omgewing oordeel.
13 Steek die sekel in, want die oes is ryp. Kom trap, want die wynpers is vol. Die wynvate loop oor van al die onreg van hierdie mense.”
14 Derduisende mense wag in die laagte in afwagting vir die uitspraak. Dit is hier waar die Dag van die Here binnekort sal aanbreek.
15 Die son en maan sal verdonker. Die sterre sal nie meer skyn nie.
16 Die Here sal brul uit Sion, uit Jerusalem sal Hy bulder. Die hemel en die aarde sal begin skud. Maar vir die mense van Israel is die Here ’n skuilplek en ’n veilige vesting.
17 “Julle sal dan weet dat Ek, die Here julle God, op Sion, my heilige berg, woon. Jerusalem sal altyd ’n heiligdom wees. Geen vreemdelinge sal meer daar deurtrek nie.