23 Verder het hy die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en ’n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.
24 En kolokwinte onder die rand daarvan het dit rondom omring; tien op die el het hulle die see rondom omring: twee rye kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is.
25 Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe, terwyl die see bo-op hulle was, en al hulle agterdele was binnekant toe.
26 En die dikte daarvan was ’n handbreed, en sy rand was in die vorm van ’n bekerrand, soos ’n lelieblom; dit het tweeduisend bat gehou.
27 Hy het ook die tien afspoelwaentjies van koper gemaak; die lengte van elke afspoelwaentjie was vier el, en vier el sy breedte en drie el sy hoogte.
28 En dit was die maaksel van die bak: dit het sluitplate gehad, naamlik sluitplate tussen die sporte;
29 en op die sluitplate tussen die sporte was leeus, beeste en gérubs; en net so op die sporte; bokant en onderkant die leeus en beeste was afhangende kransversierings.