3 En sy het een van haar kleintjies opgekweek, ’n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.
4 En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.
5 En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy ’n ander een van haar kleintjies geneem, hom ’n jong leeu gemaak.
6 En hy het rondgeloop onder die leeus, het ’n jong leeu geword en geleer om prooi te verskeur; hy het mense geëet.
7 Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.
8 Toe het die nasies rondom uit die lande hulle teen hom opgestel en hul net oor hom uitgesprei; in hulle vangkuil is hy gevang.
9 En hulle het hom in ’n hok gesit aan hake en hom na die koning van Babel gebring; hulle het hom in vestings gebring, dat sy stem nie meer gehoor sou word op die berge van Israel nie.