1 EN jy, mensekind, neem vir jou ’n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop ’n stad, naamlik Jerusalem;
2 maak dan ’n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi ’n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.
3 Verder, neem jy vir jou ’n ysterpan en sit dit as ’n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees, en jy moet dit beleër. ’n Teken is dit vir die huis van Israel.
4 Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra.