22 En tog is dit ’n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het ’n buit geword sonder dat iemand red, ’n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug!
23 Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?
24 Wie het Jakob oorgegee as ’n plundering en Israel aan die berowers? Is dit nie die Here teen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie.
25 Daarom het Hy oor hulle uitgestort die gloed van sy toorn en die geweld van die oorlog; en dit het hulle rondom aan die brand gesteek, maar hulle het dit nie bemerk nie; en dit het hulle gebrand, maar hulle het dit nie ter harte geneem nie.