26 Daarom gaan ons vee beslis met ons saam. Daar bly nie 'n kloutjie agter nie. Ons moet van die vee gebruik om ons God, die Here, te dien en voordat ons daar aankom, weet ons nog nie met watter offer ons Hom sal dien nie.”
27 Maar die Here het die farao weer koppig gemaak, sodat hy hulle nie wou laat gaan nie.
28 Toe het die farao vir Moses gesê: “Maak dat jy hier wegkom! Sorg dat ek jou nie weer sien nie, want die oomblik dat ek jou weer sien, sterf jy!”
29 Moses het geantwoord: “Soos u sê: u sal my nie weer sien nie.”