14 Wanneer iemand egter 'n ander opsetlik doodmaak, moet jy hom selfs by die altaar wegvat en doodmaak.
15 “Wie aan sy pa of ma slaan, moet doodgemaak word.
16 “Wie 'n ander ontvoer om hom te verkoop of om hom in sy besit te hou, moet doodgemaak word.
17 “Wie sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word.
18-19 “Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander met 'n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan, moet die slaner nie gestraf word nie. As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en eers later kan opstaan en met 'n kierie buite kan rondloop, moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kan werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is.
20 “Wanneer 'n man sy slaaf of slavin met 'n stok slaan dat hy of sy onmiddellik doodgaan, moet dit gewreek word.
21 As so 'n slaaf dit vir 'n dag of twee oorleef, is daar nie 'n saak nie, want die slaaf is die man se eiendom.